top of page
Search
  • danie4740

EQUALIZER Bullet Drop Compensators


Alan van der Walt is ‘n gesoute jagter en ‘n groot voorstaander van sportskiet. Hy besit ook verskeie gewere waarmee hy jag en sy sport beoefen. Toe hy ‘n probleem optel met ‘n teleskoop waarvan die BDC (Bullet Drop Compensator) nie korrek werk nie, het hy besluit om sy eie produk te vervaardig. Hier is Allan se storie in sy eie woorde.

Die produk het min of meer vyf jaar terug ontstaan. Ek het `n teleskoop aangeskaf wat BDC merke op die hoofkruis het om rede ek begin gongs skiet het (0 -500m). Ek het egter gou agtergekom dat die merke en die afstande glad nie ooreenkom met die handleiding van die vervaardigers nie, alhoewel ek die aangeduide spoed en grein punte geskiet het volgens die teleskoop vervaardiger. Van daar het die idee gekom om `n standard bekostigbare teleskoop te omskep wat gemaklik vir baanskiet asook jag gebruik kan word tot op 500m of selfs verder. Die Equalizer BDC stel jou instant om vinniger en meer akkuraat te skiet op verder afstande met maklike verstellings vir die toepaslike afstand. Die Equalizer BDC kan self geïnstalleer word binne 5 - 10 minute. Ek verlang slegs detail aangaande jou geweer, teleskoop en ammunisie (kaliber/grein koeël-fabrikaat, koeël-spoed, verstellings, clicks per omwenteling) daarvolgens word elke BDC afsonderlik uitgewerk vir elke geweer. Aangesien die BDC afstande gemerk is met `n viniel-plakker van hoë gehalte kan hy verwyder word, indien die kliënt van lading of ammunisie sou verander kan slegs `n nuwe plakker bestel word. Die produk pas ongeveer op 65% van alle teleskope en aflewerings tydperk is 5 – 7 werksdae. Die ontwerp het met tyd verander, die fotos hieronder toon die nuutste ontwerpe aan.

Kliek op die link om na ‘n video te kyk:

Kontak vir Alan e-pos: equalizerbdc@gmail.com of skakel hom op 081 329 6412. WL


432 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page