top of page
Search
danie4740

Uit die heup uit

Vyf jaar is verby!


Hierdie is die sestigste uitgawe van WILDLAND wat beteken dat ons nou presies vyf jaar oud is. Ek kan met trots sê dat die afgelope vyf jaar bepaald van die beste tye van my lewe was. Alhoewel daar baie hard gewerk is (ek glo nie die algemene publiek besef hoe hard jy werk as jy jou eie tydskrif publiseer nie), was daar tye wat absoluut onvergeetlik was. Dit was net ‘n plesier om WILDLAND elke maand ‘aanmekaar’ te sit en uiteindelik te sorg dat dit op die bestemde tyd op die winkelrakke verskyn.

Ek bedank almal wat my so getrou deur die jare bygestaan en groot bydraes gelewer het om die tydskrif se naam as ‘n erkende en een van die voorste jag- en sportskietpublikasies te vestig. Dankie aan almal wat bydraes gestuur het om te verseker dat die hoë standaard van die inhoud gehandhaaf word.


67 views0 comments

コメント


bottom of page