top of page
Search
  • danie4740

Q-Gun – laat jou roer van binne en buite blink!


Vir enige basiese geweeronderhoud, gaan jy sekere basiese skoonmaakmiddels benodig vir jou vuurwapens. Jy kan na jou naaste handelaar toe gaan en ‘n volledige skoonmaakstel koop. In so ‘n stel kry jy gewoonlik ‘n stel koper en/of brons borsels vir die swaardiens verwydering van vuilheid in die loop, ‘n klein houertjie olie vir die loop en een of ander tipe “grease” en natuurlik die skoonmaakstaaf met veelvuldige ‘gadgets’. Daar is nog heelwat verwarring by mense oor wat die verskil is tussen geweerolies en geweerskoonmakers. Geweerskoonmakers verwyder aanpaksels, vullis en oorblyfsels van dryfmiddels en koper en dit maak jou geweer se loop skoon. Geweerolies smeer die bewegende en metaaldele van die geweer vir langtermyn beskerming.

As kind moes ek vinnig leer watter olie is nou vir die loop en watter olie is vir die geweer self. My pa was maar streng gewees wanneer dit kom by vuurwapens en die onderhoud daarvan. Dit het my altyd so geirriteer om verskillende olies vir verskillende dele van die geweer te gebruik- en laat ek dit nie reg doen nie, is my kanse om te gaan jag sommer ook verby.

Vuurwapens moet gereeld skoongemaak word sodat dit altyd perfek kan funksioneer. Ek het altyd gewone skoonmaakmiddels gebruik. Dit het tyd gevat om die geweer weer soos nuut te laat lyk. “Spot-less”.

Maar danksy Q20 het hulle ‘n drie-aksie formule ontwerp. Hulle is vir meer as 70 jaar die top gunsteling onder vuurwapen-entoesiaste, jagters en hengelaars! Omdat polymer tegnologie deesdae aan die orde van die dag is, moet mens versigtig wees wanneer veeldoelige olies op plastiek komponente gebruik word. Gelukkig het hulle by Q20 twee plastiek-veilige produkte geformuleer wat spesiaal ontwerp is vir vuurwapens en hengeltoerusting, naamlik Q-GUN en Q-FISH!

Lees die volledige artikel in die Januarie 2022 uitgawe van WILDLAND


148 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page