top of page
Search
  • danie4740

Strasser – nog ‘n kind van Horst Blaser






Die jaggeweervervaardiger Strasser is miskien relatief nuut op die mark as wapenvervaardiger, maar as maatskappy het dit diep spore in Oostenryk getrap. Die maatskappy is in 1947 deur Herbert Strasser in Salzburg as ’n fabriek gestig (Strasser Machinenbau GmbH) wat verskillende klein onderdele vir die motorbedryf vervaardig het. Gaandeweg het dit ontwikkel tot ’n hoë-tegnologie-vervaardiger wat presisie-onderdele vir verskillende bedrywe vervaardig het. Toe hulle die ESA (European Space Agency) as kliënt bykry, het die deure wyd vir die Strasser-fabriek oopgeswaai.

Herbert se seun, ook Herbert, het by sy pa se familiebesigheid aangesluit en hulle het begin om verskillende klein onderdele vir ander vuurwapenvervaardigers te produseer. Alhoewel dit in daardie stadium maar ’n druppel in die emmer was, was dit die begin van groot dinge.

Kort hierna het Herbert jr. ’n kontrak aangegaan met die welbekende Horst Blaser, die man wat verantwoordelik was vir die suksesvolle Blaser-ontwerp. Hulle het saam planne gemaak om hul eie wapen te produseer. Horst was baie beïndruk met die presisiewerk wat deur die Strasser-fabriek gedoen is, wat die groot aansporing was om ’n nuwe ontwerp die lig te laat sien.

Die eerste geweer wat hulle saam vervaardig het, was die Sodia Super Light-Nekbreker in 5,6x50mmR Magnum-kaliber.

Horst Blaser het dag en nag gewerk om ’n nuwe ontwerp op die mark te plaas en na twee jaar is die eerste Strasser RS05 op die IWA-skou in Neurenberg bekend gestel. (Die RS staan vir Strasser en die 05 vir die jaar waarin dit die eerste keer vervaardig is.) Die nuweling is baie goed deur die wapenbedryf aanvaar en het vinnig oor die kontinente versprei as ’n innoverende en betroubare ontwerp.

Herbert se seun Mattais, of soos hy beter bekend is, Matthew, het by sy pa aangesluit in die onderneming en saam vervaardig hulle ’n verskeidenheid produkte vir die ESA, asook hul eie Strasser-gewere in verskillende modelle. Matthew se vrou werk ook deesdae in die fabriek as graveerder.

Lees die volledige artikel in die Januarie 2022 uitgawe van WILDLAND




147 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page